Ehlerskroon Veevoerprodukte

Hieronder is die volledige reeks van produkte wat ons vervaardig. Soos gesien kan word, het ons etlike nuwe produkte bygevoeg om 'n omvattende reeks vir alle omstandighede te voorsien.

Ons gebruik slegs rou materiale van die hoogste gehalte in ons vervaardiging, wat verseker dat ons produkte aan die strengste vereistes sal voldoen en ons meen dat die huidige reeks die beeste waarde vir geld bied.

Produkte word op ons eie stoet beeskudde uitgetoets om te verseker dat die innames soos aangegee verkry word. Verskeie veeartse gebruik self van ons produkte. Vir meer besonderhede en pryse, skakel asseblief vir Johan by 082 892 2921.

Ehlerskroon Winter/Somerlek

Die mees ekonomiese veevoeropsie en dit kan heel jaar gebruik word.

Hierdie produk is ook opsioneel met ekstra sout beskikbaar.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Proteïenlek EP450

Hierdie lek bevat meer proteïen en energie en word gedurende die wintermaande gebruik.

Hierdie produk is ook opsioneel met ekstra sout beskikbaar.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Winter Wenner

'n Nuwe produk wat die heel beste opsie is vir die wintermaande.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Veldgroeimeel

Uitstekende resultate word verkry met Fase D toetse op die veld of aangeplante weiding. Dit kan ook gebruik word vir vetmesting.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon E300 Konsentraat

Hierdie produk is 'n hoë-proteïenkonsentraat wat met mielies of kopmeel gemeng word vir die vetmesting van beeste.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Winsphos 6P

Hierdie is 'n fosfaat-kalsium lekaanvulling met spoortelemente en word gedurende die somermaande gebruik.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Superlek

Hierdie produk bevat geen ureum nie en kan met veiligheid die hele jaar gebruik word.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Profos

Gewone fosfaat- of soutlek wat gedurende die somer gevoer word bevat geen proteïene nie. Lakterende koeie benodig proteïene. Met Ehlerskroon Profos word hierdie tekort gedeeltelik aangevul en dit bevat nie ureum nie.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Spekvet

Hierdie is 'n energieryke volvoer om beeste vet te voer en af te rond. Die bevat ook voldoende ruvoer.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Beesblokke

Hierdie produk is 'n gerieflike manier om byvoedings te gee en dit bevat geen ureum nie.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Mieliemix

Hierdie produk is 'n konsentraat wat met mielies gemeng kan word om 'n volledige veelek te produseer.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Suiwelmeel 21

Hierdie produk word vervaardig vir die melkerybedryf en bevat 21% proteïen.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Skaaplek

Hierdie produk bevat nie ureum nie en kan ad-lib gevoer word.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Skaapwoema

Hierdie produk word gebruik vir vetmesting van lammers en skape.

Lees meer Bestel nou
Ehlerskroon Perdekos

Hierdie produk is geskik vir die voer van perde en ponies.

Lees meer Bestel nou

Algemene Inligting

Ehlerskroon se veevoerprodukte is almal geregistreer by die departement van landbou wat die samesteling van die produkte waarborg. Ons produkte bevat geen afval materiaal nie en word vervaardig van rou materiaal van die hoogste gehalte.

Ehlerskroon Veevoere is stofvry en geformuleer om te verhoed dat mikrodeeltjies uitsak en is verpak in maklik hanteerbare sakkies van 30kg. Ons beleid is om besparings deur te gee na die verbruiker en daarom glo ons dat ons produkte die mees ekonomiese oplossing bied vir u vee se byvoedingsbehoeftes.

Plaas nou u bestelling

U kan nou ook aanlyn bestel.

Om aanlyn te bestel of 'n bestelvorm af te laai wat aan ons gefaks kan word, klik hier.