Hoofblad | Algemene Inligting | Kontak Ons | Veevoer Produkte | Foto's | Blank
Hoofblad
Algemene inligting
Kontak Ons
Veevoer Produkte
Bonsmaras
Veiling
Bonsmaras
Op aanbeveling van Professor Johan Grosskopf het ons in 1974 met ‘n Bonsmara stoet begin. Ons eerste stoet bulle het ons van Bristow Bonsmaras verkry- een besondere bul JRB 749 het besonder goed presteer en het uitstekende vroulike diere geteel. Later het ons ook uitstekende genetika verkry van Robert Taute, Wouter van Amstel, Matopi Bonsmaras, Amfarms en ‘n bul uit die destydse Staatskudde wat vir KI gebruik was DOAR N77
Ons het reeds in 1991 die Farmers Weekly se trofee verower vir die beste presterende koei in die nasionale kudde Die koei SEP X28 het 9 agtereenvolgende kalwers gehad met ‘n kalfinterval van 397 dae en gemiddelde speenindeks van 111. Omdat die sukses van beesboerdery afhang van die aantal speenkalwers wat geproduseer word en die speengewig van die kalwers, het ons in die 33 jaar wat ons Bonsmaras teel voortdurend geselekteer vir gemak van kalwing, melk, vrugbaarheid en groei.
Groeitoetse op die bulle word op die veld gedoen met ‘n randsoen wat ons self ontwikkel het. Die gemiddelde gewigstoename is 1.5 kilogram per dag , met die beste van 1.8 kilogram per dag, teen ‘n koste van R1700 per bul.
Soos afgelei kan word van die BULB teelwaardes van ons kudde, soos in September 2006 deur die Landbou Navorsings Raad gepubliseer in ons kudde in al die belangrikste kategoriee beter as die rasgemiddeld.
Geboortegewig : Direk EBV 0.38 Ras 0.38 Maternaal EBV -0.14 Ras -0.01
Speengewig : Direk EBV 6.0 Ras 4.7 Maternaal EBV 3.1 Ras 1.2
GDT : EBV 95 Ras 74
Skrotum : EBV 10.7 Ras 70
Van hierdie gegewens is dit duidelik dat ons ‘n bo gemiddelde koeikudde ontwikkel het sover dit gemak van kalwing , speengewig en groei na speen betref.
Behalwe die veldgroeimeel wat ons vir fase D toetsing op die veld aanbeveel, vervaardig ons ook die volgende Veevoere:
Ehlerskroon Winter/somer lek- Die mees ekonomiese opsie met hoe Fosfaat inhoud
Ehlerskroon Proteienlek EP450 bevat meer proteien en energie. Veral geskik vir koue Hoëveld toestande
Ehlerskroon E300 Proteien – ryk konsentraat vir meng met mielies of kopmeel vir vetmesting van beeste
Ehlerskroon Winsfos 6P Fofaat en Kalsium lekaanvulling met spoorelemente vir gedurende die somer
Volledige besonderhede kan op aanvraag verkry word . Skakel Johan by 0828922921
Kontak Ons
: 013 665-3952
: 011 455-4983
: 082 892 2921
Fax: 013 665-3108
E-mail: