Ehlerskroon Winter/Somerlek

Hierdie lek het ‘n besondere hoë fosfaatinhoud en bevat ook voldoende sout, kalsium en spoorelemente sowel as die korrekte hoeveelheid proteïen en energie om die mikro-organismes in die rumen op maksimum produksie te hou.
Die spoorelementsamestelling wat gebruik word is spesiaal vir ons deur BASF-dierevoeding geformuleer vir streke met die grootste tekorte aan spoorelemente.
Hierdie voer is besonder geskik vir die herfsmaande van Februarie tot Mei. Alhoewel slegs sout en fosfaat, soos in Winsphos 6P, gedurende die somer gevoer kan word, word baie beter resultate met hierdie lek verkry. Swaarder speenkalwers word geproduseer en lakterende koeie behou beter kondisie. Die addisionele speenmassas wat vekry word, is meer as voldoende om te verged vir die klein-verhoogte koste.
Teen ‘n gemiddelde inname van 200 gm lek per bees per dag in die winter, is die voerkoste 74c per bees per dag. In die somer neem die inname af na 100 gm lek per bees per dag teen ‘n koste van 37c per bees per dag.
Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word. Die lek word winter en somer ad-lib gevoer – diere reguleer self hul inname.
Die produk bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word. Indien die lek gedurende reënmaande in oop bakke gevoer word, moet seker gemaak word dat die bakke gate in die bodem het om oormaat vloeistof te dreineer. Om verliese te voorkom, is dit beter om die lek teen reën te beskerm.
Hierdie produk is ook opsioneel met ekstra sout beskikbaar.

