Ehlerskroon Winsphos 6P

Vir swaarder speenkalwers op 7 maande beveel ons aan om gedurende die somer ook Ehlerskroon Winter/Somerlek te gebruik. Winsphos 6P, ‘n sout/fosfaat lek word gebruik deur boere wat in die somer slegs sout en fosfaat voer.
Die spoorelementsamestelling wat gebruik word is spesiaal vir ons deur BASF-dierevoeding geformuleer vir streke met die grootste tekorte aan spoorelemente.
Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word.
Die prys van die produk vergelyk gunstig met die selfmeng van sout en fosfaat uit beskikbare bronne en het die volgende voordele:
- Bevat alle nodige spoorelemente.
- Geen vermorsing met mengproses.
- Besparing van tyd en arbeid van selfmeng.
- Stofvry en maklik hanteerbaar.

