Ehlerskroon Veldgroeimeel

Geregistreer onder reg no V17358 onder wet 36 v. 1947

Behalwe vir spoorelemente, bevat die produk ook Sink-Bacitrisien en Logoban wat voeromset verhoog en groei stimuleer.

Die produk is besonder geskik vir Fase D Toetsing van bulle op veldweiding of goeie ruvoer. Vir uitstekende groeiresultate beveel ons aan dat die produk daagliks gevoer word teen 1.7% van die dier se liggaamsmassa, bv. as bulletjies gemiddeld 200 kg weeg, moet 3.4 kg Veldgroeimeel per bul per dag gevoer word.

Pas die hoeveelheid elke twee weke aan soos wat die bulle swaarder word. Op proewe het ons ‘n gemiddelde GDT van 1.5 kg per dag oor 120 dae verkry met die hoogste GDT van 1.75 kg per dag. Indien die toets vir ‘n langer tyd gedoen moet word, kan kleiner hoeveelhede Veldgroeimeel gebruik word. Vir GDT van meer as 1.5 kg per dag kan groter hoeveelhede Veldgroeimeel gevoer word.

Daar moet seker gemaak word dat voldoende ruvoer altyd beskikbaar is - hierdie is nie ‘n volvoer nie. Afgeweegde hoeveelhede moet daagliks gevoer word, die presiese hoeveelheid is nie krities nie. Uitstekende resultate kan verkry word met die uitgroei en afronding van tollies en verse op veldweiding.

Die produk kan ook gebruik word vir die vetmes van koeie en osse. Vir optimum resultate beveel ons aan om van 5 - 7 kg Veldgroeimeel per bees per dag te voer. Goeie weiding of ruvoer moet altyd beskikbaar wees. Afronding neem 4 - 6 weke, toegeskryf dat 68% van die proteïen van natuurlike oorsprong is.

Die produk bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word.

Tekstuur

Tipiese Samestelling

 
Proteïen (minimum)
125 gm/kg
 
Kalsium (maksimum)
10 gm/kg
 
Fosfor (minimum)
5 gm/kg
 
Ureum (maksimum)
14 gm/kg
 
Vog (maksimum)
120 gm/kg
 
Swael
1.4 gm/kg
 
Metaboliese Energie
10.8 MJ
 
Mangaan
46 mgm/kg
 
Kobalt
0.6 mgm/kg
 
Koper
20 mgm/kg
 
Yster
240 mgm/kg
 
Sink
49 mgm/kg
 
Seleen
0.2 mgm/kg