Ehlerskroon Superlek

Hierdie produk word vervaardig van rou material van die hoogste natuurlike gehalte.

Superlek stem baie ooreen met Ehlerskroon EP450. Die voordeel is egter dat dit nie ureum bevat nie en daarom veiliger is dwarsdeur die jaar te voer.

Hoewel dit heelwat minder proteïen as EP450 bevat, is die natuurlike proteïen wat dit bevat na ons mening meer effektief om die mikro-flora in die rumen te stimuleer.

Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word. Die inname wissel van 400 - 500 gm per bees per dag.

Hierdie is ‘n kliëntemengsel en is nie geskik vir herverkoopsdoeleindes nie.

Tipiese Samestelling

 
Proteïen (minimum)
130 gm/kg
 
Kalsium (maksimum)
25 gm/kg
 
Fosfor (minimum)
9.5 gm/kg
 
Vog (maksimum)
120 gm/kg
 
Metaboliese Energie
5.9 MJ
 
Selenium
0.2 gm/kg
 
Kobalt
0.1 mgm/kg
 
Koper
33 mgm/kg
 
Yster
200 mgm/kg
 
Mangaan
80 mgm/kg
 
Sink
100 mgm/kg