Ehlerskroon Suiwelmeel 21

Hierdie produk word vervaardig vir die melkerybedryf en bevat 21% proteïen.
Behalwe vir al die nodige spoorelemente bevat die produk ook Rumensin wat voeromset verhoog.
Hierdie produk bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word.
Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word.
Hierdie is ‘n kliëntemengsel en is nie geskik vir herverkoopsdoeleindes nie.

