Ehlerskroon Skaapwoema

Hierdie produk is ontwikkel vir die groei en afronding van skape en moet gevoer word teen 2 kg per skaap per dag. Voldoende ruvoer moet verkieslik beskikbaar wees. Hoewel die produk nie in korrelvorm is nie, het ons geen problem met selektiewe vreting ervaar nie.
Die vleis van geslagte skape was besondere sag en smaaklik. Die produk bevat Taurotec wat voeromset verhoog en groei stimuleer en dit bevat ook ureum wat met die nodig voorsorgmaatreëls gebruik moet word.
Hierdie produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word.
Hierdie is ‘n kliëntemengsel en is nie geskik vir herverkoopsdoeleindes nie.
