Ehlerskroon Proteienlek EP450

Die produk is geregistreer as ‘n proteïen spoorelement mineraal byvoeding vir beeste. Die lek verskaf addisionele proteïen, energie en fosfaat asook spoorelemente gedurende die wintermaande en is uiters geskik vir oorwintering op mieliereste, staande-hooi en veldweiding – veral op die hoëveld- en suurveld-streke.
Hierdie lek word veral aanbeveel wanneer daar ‘n tekort aan beide proteïen en energie is, soos van Mei tot September. Inname wissel van 350 - 500 gm per bees per dag, afhangende van die toestand van die weiding.
Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word. Hierdie produk bevat geen afvalmateriaal nie, en is die mees ekonomiese lek in sy klas.
Die produk bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word. Indien die lek gedurende reënmaande in oop bakke gevoer word, moet seker gemaak word dat die bakke gate in die bodem het om oormaat vloeistof te dreineer. Om verliese te voorkom, is dit beter om die lek teen reën te beskerm.
Hierdie produk is ook opsioneel met ekstra sout beskikbaar.

