Ehlerskroon Profos

Hierdie produk word normaalweg gedurende die somermaande slegs as sout en fosfaat byvoedings gebruik. Natuurlike weidings bevat nie genoeg proteïen vir lakterende koeie nie. Met hierdie produk word die tekord op ‘n ekonomiese wyse gedeeltelik aangevul.

Hierdie produk bevat nie ureum nie en die aanbevole inname is 150 - 170 gm per bees per dag, afhangende van die toestand van die weiding.

Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word.

Tipiese Samestelling

 
Proteïen (minimum)
130 gm/kg
 
Fosfor (minimum)
40 gm/kg
 
Kalsium (maksimum)
75 gm/kg
 
Vog (maksimum)
120 gm/kg
 
Metaboliese Energie
2.1 MJ
 
Selenium
0.24 mgm/kg
 
Kobalt
0.14 mgm/kg
 
Koper
22.3 mgm/kg
 
Yster
220 mgm/kg
 
Mangaan
78 mgm/kg
 
Sink
90 mgm/kg