Ehlerskroon Mieliemix

Hierdie produk is ‘n konsentraat wat met mielies gemeng word om ‘n volledige veelek te produseer. Die mengsel bevat voldoende proteïen, fosfaat en ‘n volledige reeks spoortelemente, insluitende selenium.

Hierdie produk bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word. Die inname van die mengsel sal ongeveer 400 gm per bees per dag wees.

Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word.

Hierdie is ‘n kliëntemengsel en is nie geskik vir herverkoopsdoeleindes nie.

Tekstuur

Tipiese Samestelling

 
Proteïen
310 gm/kg
 
Fosfor
8.6 gm/kg
 
Kalsium
17.8 gm/kg
 
Vog (maksimum)
120 gm/kg
 
Metaboliese Energie
6.4 MJ
 
Selenium
0.24 mgm/kg
 
Kobalt
0.1 mgm/kg
 
Koper
30 mgm/kg
 
Yster
300 mgm/kg
 
Mangaan
70 mgm/kg
 
Sink
108 mgm/kg