Ehlerskroon E300 Konsentraat

Ehlerskroon E300 is ‘n proteïen-ryk konsentraat wat met mielies of mieliekopmeel gemeng word vir die afronding en vetmesting van beeste.
Behalwe vir spoorelemente, bevat die produk ook Sink-Bacitrisien en Logoban wat voeromset verhoog en groei stimuleer.
Daar moet seker gemaak word dat voldoende ruvoer altyd beskikbaar is. Hoewel die produk met heel mielies gemeng kan word, beveel ons aan dat eerder van gebreekte mielie of mieliemeel gebruik gemaak word aangesien die produk baie smaaklik is en selektief gevreet sal word.
Die produk is stofvry en word in sakkies van 30 kg verpak wat maklik deur een persoon hanteer kan word. Dit bevat ureum en moet met die nodige voorsorgmaatreëls gebruik word.
E300 Mengsel Riglyne:
- Meng 30 kg E300 Konsentraat (1 sakkie) met 140 kg mielies en voer ad-lib.
- Meng 30 kg E300 Konsentraat (1 sakkie) met 160kg mieliekopmeel en voer ad-lib.
Die samestelling van die finale mengsels is as volg:
Proteïen (minimum)
Kalsium (minimum)
Fosfor (minimum)
Vet (minimum)
Ureum (maksimum)
Vog (maksimum)
Vesel (maksimum)
Mielie-mengsel
12%
0.7%
0.38%
2.5%
1.3%
12%
3.5%
Kopmeel-mengsel
10%
0.7%
0.33%
2.5%
1.2%
12%
11%

