Ehlerskroon Bonsmara Stoet is in 1974 op aanbeveling van Professor Johan Grosskopf begin. Teelmateriaal was van vooraanstaande telers soos Bristow, Robert Taute, Koos van Amstel, Amfarms, Dr. Badenhorst en die destydse staatskudde verkry. Om ons genetiese basis te verbreed het ons onlangs bulle gekoop van Upgeorge, Benchmark, Dr. D. Nolte, Dr. Hartsenberg en Marloo Bonsmaras.
Ons kudde was vir die afgelope vier jaar die Mpumalanga streekfinalis van die LNR se veeverbeterings skema. Die kudde het reeds twee keer, in 1991 en 2009 die Farmers Weekly Trofee vir die beste presterende koeie in die nasionale Bonsmara kudde verower.
Farmers Weekly Trofee 1991
Farmers Weekly Trofee 2009
Omdat die sukses van die beesboerdery afhang van die aantal speenkalwers en die speengewig van kalwers wat geproduseer word, het ons in die 36 jaar wat ons Bonsmaras teel, voortdurend geselekteer vir geboorte massa, melk, vrugbaarheid en groei.
Soos afgelei kan word van die BULB teelwaardes wat deur die LNR gepubliseer word is ons kudde in al die belangrikste kategoriee beter as die rasgemiddeld.
Toekennings
Farmers Weekly (1991)
Beste presterende koei in die nasionale kudde (SEP X28) met 9 agtereenvolgende kalwers en ‘n kalfinterval van 397 dae en gemiddelde speenindeks van 111.
ARC / LNR (2008, 2009, 2010, 2011)
LNR-Vleisbeesverbeteringskudde van die jaar toekenning - Mpumalanga Provinsie Finalis in 2008, 2009 en 2010.
Farmers Weekly / ARC (2010)
Beste presterende koei toekenning vir 2010 (SEP 98-0061).